Ralph Haynes – Godfather van die Wes-Rand (Afrikaans Edition)

Ralph Haynes – Godfather van die Wes-Rand (Afrikaans Edition)

Product ID: B07DWB6JLG Condition: USED (All books in used condition)

No Stock / Cannot Import

Product Description

Condition - Very Good

The item shows wear from consistent use but remains in good condition. It may arrive with damaged packaging or be repackaged.

Ralph Haynes – Godfather van die Wes-Rand (Afrikaans Edition)

Bekendes soos Steve Hofmeyr het hom ’n vriend genoem. Vir die armes van Randfontein was hy ’n vrygewige Robin Hood wat groente en geld kom aflewer het. Vir sy vrou, Jacky, was hy agter toe deure die man wat minderwaardig gevoel het oor sy kunsbeen en omdat hy oorgewig was. Maar vir die meeste mense was hy die gevreesde Godfather van die Wes-Rand. Saam met sy ewe berugte vriende, Ferdi Barnard, Corrie Goosen en Dawie Lötter, het Ralph Haynes sy slagoffers behoorlik laat deurloop met die een verbysterende skelmstreek na die ander. Miljoene rande is uit mense geswendel met valse transaksies in goud, diamante, motors en selfs kookolie. Op 21 Januarie 2011 verdwyn Ralph Haynes egter spoorloos nadat hy saam met Frikkie Lutzkie in ’n helikopter geklim het. Vandag wonder almal steeds wat van hom geword het. Lê hy dood iewers in ’n mynskag, of het hy die hasepad gekies terwyl aanklagte van bedrog en diefstal teen hom opgehoop het? Die antwoord op hierdie vrae is nie voor die hand liggend nie. Radiojoernalis Izak du Plessis het onderhoude met die mense naaste aan Ralph Haynes gevoer in sy ondersoek na die lewe en verdwyning van dié enigmatiese en kleurryke figuur van die Suid-Afrikaanse onderwêreld. Boeiende leesstof wat jou opnuut sal laat besef dat die waarheid beslis vreemder as fiksie is.

Technical Specifications

Country
USA
Author
Izak du Plessis
Binding
Kindle Edition
Edition
1
EISBN
9781776092741
Format
Kindle eBook
Label
Penguin
Manufacturer
Penguin
NumberOfPages
154
PublicationDate
2018-06-01
Publisher
Penguin
ReleaseDate
2018-06-01
Studio
Penguin