Not Available / Digital Item
Condition: USED (All books are in used condition)
Condition - Very Good The item shows wear from consistent use, but it remains in good condition and functions properly. Item may arrive with damaged packaging or be repackaged. It may be marked, have identifying markings on it, or have minor cosmetic damage. It may also be missing some parts/accessories or bundled items.
Saartjie se dapper daad (#13) (Afrikaans Edition)
Saartjie se ouer broer, Kris, het groot liefdesprobleme. Sy meisie het hom gelos vir ’n vent met ’n blink motor en ’n snor. Lynnekom se rabbedoe glo vas alle mans wat ’n snor het, is skurke en besluit sy en haar vriendinne moet die windlawaai op sy plek sit sodat haar broer weer gelukkig kan wees. Sy kom vorendag met ’n skreeusnaakse plan wat tot groot pret lei. ’n Seun van Zimbabwe kuier in Lynnekom en hy en Saartjie kom sommer van die intrapslag af nie oor die weg nie. Hy is verwaand en beterweterig en ons heldin doen haar bes om hom te ignoreer, maar ongelukkig het hy iets wat sy bitter graag wil hê – ’n wonderlike nuwe pen wat in vier kleure kan skryf. Saartjie soek naarstiglik iets om vir die seun in ruil vir die pen te gee, maar hy hou vol hy stel nie belang nie. Min weet hierdie twee wat so vassit hul name gaan eersdaags saam in koerante regoor die land verskyn!