Not Available / Digital Item
Condition: USED (All books are in used condition)
Condition - Very Good The item shows wear from consistent use, but it remains in good condition and functions properly. Item may arrive with damaged packaging or be repackaged. It may be marked, have identifying markings on it, or have minor cosmetic damage. It may also be missing some parts/accessories or bundled items.
Saartjie se kêrel (#12) (Afrikaans Edition)
Saartjie lees ’n artikel oor hipnose en besluit dadelik om Anna en Lina as proefkonyne te gebruik terwyl sy haar lyf hipnotiseur hou. Sy besef egter vinnig sy beskik nie oor hierdie spesiale talent nie... Maar dan kry ons heldin ’n slim plan. Sê nou hulle reël ’n hipnose-vertoning en haar vriendinne gee voor sy maak hulle aan die slaap en laat hulle allerhande manewales uithaal? Die Drie Muskiete kan mos baie geld só maak! Soos met alles verloop dinge natuurlik nie heeltemal soos beplan nie. Saartjie moet haar boetie en sy maat gelukkig hou, asook vir Muggie en ’n skeptiese gehoor – en boonop nog vir Galpil wat nie kan wag om te bewys sy is besig om almal ’n streep te trek nie. Gelukkig kry Lynnekom se rabbedoe dan ’n briljante ingewing. Sy fluister iets in Galpil se oor wat sy hart wild laat klop...